Home / Series / Hart van Staal / Aired Order /

All Seasons

Season 1

  • S01E01 Episode 01

    • February 5, 2005
    • Showmax

    Tydens Sonja en Willie Brand se 25ste huweliks herdenking, verwoes ‘n vliegtuig-ongeluk die harmonie in die Brand huishouding. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

  • S01E02 Episode 02

    • February 19, 2005
    • Showmax

    Die Brand familie vind dit erg om klein Enegela se dood te verwerk. André probeer munt slaan uit die die tragedie en sodoende die beheer van Brandstaal te verkry.

  • S01E03 Episode 03

    • February 26, 2005
    • Showmax

    Willie & Sonja vind dit erg om klein Enegela se dood te verwerk. Veronica probeer om vir Sonja afhanklik te Maak van “kalmeer pille”.

  • S01E04 Episode 04

    • March 5, 2005
    • Showmax

    Willie begin om drank erg te misbruik en veroorsaak ‘n groot moles by Claudette se partytjie. Claudette word baas by Brand Staal. Michell en Pieter trek terug in die huis in.

  • S01E05 Episode 05

    • March 12, 2005
    • Showmax

    Willie vertel vir Sonja van sy skelm verhouding . Dottie kom terug van haar huis af, vol kneusplekke. Manny Da Silva begin om Claudette te bearbei.

  • S01E06 Episode 06

    • March 19, 2005
    • Showmax

    Tannie Dottie se groot geheim kom uit. Oom Boet kom haal haar by die brand woning en loop hom vas teen Willie Brand. Veronica is besig om Sonja met pille afhanklik van haar te maak.

  • S01E07 Episode 07

    • March 26, 2005
    • Showmax

    Willie Brand verdwyn spoorloos en die familie verwag die ergste. Da Silva beweeg in om BRAND STAAL oor te neem. Sonja raak afhanklik van die pille wat Veronica haar mee voorsien.

  • S01E08 Episode 08

    • April 2, 2005
    • Showmax

    Burger en Werner slaan vuis en Tannie Dot moet inspring om die vrede te bewaar. Sonja besef Veronica is Besig om haar te manipuleer en afhanklik te maak van die “pille” wat toe nie so onskuldig is nie.

  • S01E09 Episode 09

    • April 9, 2005
    • Showmax

    Sonja probeer alles om met Veronica op te maak na ‘n uitval, maar die opmaak gaan eerder oor die “pille” as Veronica se vrienskap. Dottie en Boet staan op skei.

  • S01E10 Episode 10

    • April 16, 2005
    • Showmax

    Veronica kom terug, maar is nou vol allerande eise aan Sonja. Pieter en Michelle se huweliksprobleme word tot ‘n punt gedryf. Werner begin om vir Andre af te pers oor die gesteelde “lap-top”.

  • S01E11 Episode 11

    • April 23, 2005
    • Showmax

    Marius kom kuier onverwags uit die Kaap, maar hy kry nie die ontvangs by Claudette waarop hy gehoop het nie. Veronica het ‘n uitstekende plan vir ‘n blyplek wat by haar leefstyl sal pas. Sonja probeer Claudette vertel van die houvas wat Veronica op haar het, maar sy kan net nie die moed bymekaar skraap nie. Marius konfronteer Da Silva oor Claudette. Michelle is glad nie geneë daarmee dat haar voorbeeldige ouer suster haar die leviete oor die huwelik voorlees nie. Boet weier om verder deel te hê aan Werner se plan met Snoekie. JP kry al weer die wind van voor met een van sy geldmaakskemas, maar hy hoop Tiaart kan hom uit sy penarie red. Die slinkse Veronica is vasberade om vir Pieter in haar kloue te kry – sy klop selfs by Michelle aan!

  • S01E12 Episode 12

    • April 30, 2005
    • Showmax

    Claudette wroeg oor die aanval op Marius. Sy sukkel om te glo dat Manny da Silva dalk daaragter sit, soos Marius beweer. Tiaart is uit sy vel van blydskap as Snoekie uit die bloute weer te voorskyn kom. Dotty wil iets oorkom as Veronica by die Brand-woning intrek, maar Sonja beplan nie om iets aan die saak te doen nie. Michelle kan maar net nie vir Pieter reg hanteer nie en Veronica se inmengery vererger net sake. Da Silva hou glad van Claudette se skielike terughoudendheid nie. André probeer uitvis of Pieter nog ongerymdhede in Brand Staal se finansiële sake opgespoor het. Michelle besluit om Werner se loopbaanadvies te volg. Marie wil dringend met Werner praat – sy het ‘n belangrike saak om met hom te bespreek. Tiaart is die ene senuwees voor sy eerste afspraak met sy droommeisie en Burger maak dinge nie makliker nie. Die slinkse Veronica bewerk Dotty se ondergang.

  • S01E13 Episode 13

    • May 7, 2005
    • Showmax

    Dotty is weg, maar Ouma is terug om die huis reg te ruk. Sonja raak heeltemal afhanklik van die kalmeerpille wat Veronica haar voer. Veronica verly vir Pieter. Werner weier om te glo hy is die Pa van Marie se baba.

  • S01E14 Episode 14

    • May 14, 2005
    • Showmax

    Ouma Madelein kom neem die huishouding oor. Tiaart raak verlief op Danêl. Manny Da Silva raak hardhandig met Claudette en forseer homself op haar.

  • S01E15 Episode 15

    • May 21, 2005
    • Showmax

    Marius probeer vir Caudette wys hoe voel hy oor haar, maar sy jak hom af. Sonja raak verslaaf aan kalmeerpille. Da Silva dreig om Brand Staal oor te neem.

  • S01E16 Episode 16

    • May 28, 2005
    • Showmax

    Marius probeer opmaak met Caudette, maar is on suksesvol. Da Silva dreig vir Caudette met haar Pa se dood as sy weier om sy minaarres te word. Werner raak ontslae van Marie deur haar soos ‘n dief te laat lyk.

  • S01E17 Episode 17

    • June 4, 2005
    • Showmax

    Claudette word Da Silva se minnaares en Marius aanvaar dit baie swaar. Sonja se ma kom agter dat sy aan pille verslaaf is. Veronica raak moeg vir ‘n verliefde Pieter en speel hom af teen Werner.

  • S01E18 Episode 18

    • June 11, 2005
    • Showmax

    Tanja haak vir Maruis tot Claudette se ontsteltenis. Ouma Madelein besef Sonja het ‘n probleem met haar pille. Burger raak smoorverlief op Adel. Michelle betrap vir Veronica in Pieter se arms.

  • S01E19 Episode 19

    • June 18, 2005
    • Showmax

    Liefde is in die lug. Burger raak verlief op Adel en Tiaart op Danel. Pieter is smoorverlief op Veronica, maar sy stel nie belang nie. Michelle gooi vir Veronica in die jacuzzi. Sonja vind uit wie die “ander vrou” is.

  • S01E20 Episode 20

    • June 25, 2005
    • Showmax

    Ouma Madelein pak haar goed en loop. Veronica gaan krap in Sonja se verlede en vind uit wat die geheim was met Inge se dood. Michelle raak getrek en raak onverantwoordelik saam met ‘n ander man.

  • S01E21 Episode 21

    • July 2, 2005
    • Showmax

    Veronica dreig vir Sonja totdat sy uit haar huis uit-trek, dan trek Veronica in Sonja se kamer in. Pieter en Michelle probeer opmaak. Werner begin met Adel lol, tot Burger se ontsteltenis. Danel vind uit wie haar Pa se minnaares is.

  • S01E22 Episode 22

    • July 9, 2005
    • Showmax

    Dotty trek terug om die huis weer reg te ruk. Danel verbreek die verhouding tussen haar en Tiaart. Claudette kan die spanning nie meer vat nie en raak onverantwoorderlik. Jaques kom pes vir Pieter en Michelle.

  • S01E23 Episode 23

    • July 16, 2005
    • Showmax

    Dotty vind uit dat Claudette deur Da Silva geslaan is. Marius word amper verlei deur Tanya. Jaques begin om vir Michelle af te pers. Burger betrap vir Adel in Werner se bed.

  • S01E24 Episode 24

    • July 23, 2005
    • Showmax

    Manny Da Silva het probleme met sy dogter as sy uit die skool geskors word vir die gebruik van dwelms. Veronica vind uit wat Manie se houvas is op Claudette. Pieter sit met sy eie groot geheim.

  • S01E25 Episode 25

    • July 30, 2005
    • Showmax

    Burger beraam ‘n plan om Werner terug te kry, maar hy het JP se hulp daarvoor nodig. Veronica gee Claudette raad oor hoe om Manny da Silva se greep op haar te verslap. Tiaart kom agter wie Danél se nuwe kêrel is. Jacques maak ‘n oorlas van homself en Michelle weet nie meer watter kant toe nie. Dotty beplan om haar skoonheidsalon na die Brand-woning te skuif. André skrik hom koud as hy agterkom wie Danél se pa is, maar sy het ander planne. Michelle bedink ‘n manier om Jacques te ontduik wanneer hy aanbied om vir Dotty te skilder. Veronica se taktiek werk op Da Silva, tot Claudette se verligting.

  • S01E26 Episode 26

    • August 6, 2005
    • Showmax

    Dotty se assistent “Lelanie” kom kuier en JP raak onmiddelik op haar verlief. Claudette en Veronica se plan om van Da Silva ontslae te raak begin werk. Andre vind uit wie Da Silva se geld gesteel het.

  • S01E27 Episode 27

    • August 13, 2005
    • Showmax

    Da Silva dreig om Werner te laat boet vir sy gesteelde geld.. Burger dwing Werner om met Marie te trou voor hy Da Silva se geld sal terug betaal. JP raak verlief. Da Silva word deur Veronica verlei.

  • S01E28 Episode 28

    • August 20, 2005
    • Showmax

    Werner besef wat dit beteken om getroud te wees. Dotty smokkel vir Willie terug in die huis in. Da Silva probeer weer harthandig raak met Claudette, maar die keer word hy betrap deur Marius.

  • S01E29 Episode 29

    • August 27, 2005
    • Showmax

    Da Silva besef wat Claudette en Veronica se plan is met hom. Claudette vind uit Da Silva weet nie waar Willie is nie. Veronica gooi gif in Da Silva se drankies. Claudette vertel vir Marius alles.

  • S01E30 Episode 30

    • September 3, 2005
    • Showmax

    Da Silva is in die hospitaal, maar dit keer hom nie om nog steeds onheil te saai nie. Burger en Adel probeer opmaak, maar Tiaart is in die pad. Veronica raak desperaat en probeer Da Sila vergif.

  • S01E31 Episode 31

    • September 10, 2005
    • Showmax

    Veronica is besig om Da Silva te vergif. JP se meisie los hom vir ‘n bouncer. Veronica probeer vir Willie verlei om weer met haar ‘n verhouding aan te knoop. Boet saboteer Willie se kar met tragiese gevolge vir Da Silva.

  • S01E32 Episode 32

    • September 17, 2005
    • Showmax

    Sonja daag onverwags by die huis op. Veronica is hoogs ontstoke en sweer wraak. Willie vererger dinge deur Veronica af te dank. Da Silva ontdek tot sy nadeel dat sy plan om Willie dood te maak tot sy eie nadeel skeefgeloop het.

  • S01E33 Episode 33

    • September 24, 2005
    • Showmax

    Veronica dreig vir Sonja om van Willie te skei. Werner verdedig sy vrou as Michelle katterig raak met Marie. Werner se biologiese ma daag onverwags op. Willie betrap vir Veronica wat vir Da Silva vergiftig.

  • S01E34 Episode 34

    • October 1, 2005
    • Showmax

    Willie en Sonja besluit om hulle huwelik te probeer red. Die familie staan saam om die besigheid te red. Burger probeer vir Dotty ‘n date reël. Michelle vind uit sy verwag. Haar man Pieter is erg geskok, want hy het ‘n geheim.

  • S01E35 Episode 35

    • October 8, 2005
    • Showmax

    Da Silva word sag, maar dis te laat. Willie gee ‘n nuwe trouring vir Sonja, vir ‘n nuwe begin. Dottie kry ‘n date. Pieter besluit om te bedank en uit die Brand huis uit te trek. Marie kry probleme met haar bevalling.

  • S01E36 Episode 36

    • October 15, 2005
    • Showmax

    Marie is in ‘n koma en Werner moet self na hulle baba omsien. Werner maak op met sy Ma. Michelle voel hoe dit is om weer alleen te wees. Sonja en Willie ontdek iets gruweliks van Andre.

  • S01E37 Episode 37

    • October 22, 2005
    • Showmax

    Marie word wakker uit haar koma, en haar dogter kry ‘n naam. Dottie is kwaad vir almal omdat sy probeer ophou rook. Veronica maak skielik haar veskyning en ruk Willie en Sonja se huwelik uitmekaar met haar onthullings.

  • S01E38 Episode 38

    • October 29, 2005
    • Showmax

    Dotty gee almal hel omdat sy moet ophou rook. Sy verbreek haar verhouding met Hendrik. Marius kry sy moed bymekaar en wil vir Claudette vra om te trou, maar dinge loop skeef. Veronica word gearresssteer.

  • S01E39 Episode 39

    • November 5, 2005
    • Showmax

    Claudette en Marius trou. Dotty en Hendrik maak op. Sonja en Willie staan op skei en slegs ‘n wonderwerk kan nou hulle huwelik red. Dan ontdek Dotty iets wat baie na aan ‘n wonderwerk is.