Home / Series / Hart van Staal / Aired Order / Season 1 / Episode 12

Episode 12

Claudette wroeg oor die aanval op Marius. Sy sukkel om te glo dat Manny da Silva dalk daaragter sit, soos Marius beweer. Tiaart is uit sy vel van blydskap as Snoekie uit die bloute weer te voorskyn kom. Dotty wil iets oorkom as Veronica by die Brand-woning intrek, maar Sonja beplan nie om iets aan die saak te doen nie. Michelle kan maar net nie vir Pieter reg hanteer nie en Veronica se inmengery vererger net sake. Da Silva hou glad van Claudette se skielike terughoudendheid nie. André probeer uitvis of Pieter nog ongerymdhede in Brand Staal se finansiële sake opgespoor het. Michelle besluit om Werner se loopbaanadvies te volg. Marie wil dringend met Werner praat – sy het ‘n belangrike saak om met hom te bespreek. Tiaart is die ene senuwees voor sy eerste afspraak met sy droommeisie en Burger maak dinge nie makliker nie. Die slinkse Veronica bewerk Dotty se ondergang.

English
  • Originally Aired April 30, 2005
  • Runtime 45 minutes
  • Content Rating United States of America TV-14
  • Network Showmax
  • Created September 29, 2017 by
    Administrator admin
  • Modified September 29, 2017 by
    Administrator admin