'n Transito-rooftog in Port Elizabeth loop effens skeef. Een van die rowers kom weg met die buit,
terwyl sy rampokker pel deur die polisie vasgetrek word.
Dis Marghereet se troudag en 'n ongelukkige Louisa moet die spit afbyt oor blomme wat sy nie moes
bestel het nie. Arnold se werkers staak omdat hulle nog nie betaal is nie.
Asof sy skielike dood nie erg genoeg was nie, sorg die lees van Arnold se testament vir verdere
ongelukkigheid. Marghereet en haar nuwe man is op pad Kanada toe.
Elri vertel vir Ryno van die bankrot boedel en hulle staan magteloos en toekyk hoe alles uit hulle huis
gedra word, maar slaag wel daarin om met 'n paar waardevolle artikels weg te kom.
Jan gaan vra raad by 'n regsprofessor terwyl Melanie voortgaan met 'n interdik teen hom. Elri
besluit om 'n huis by Kokkie te huur en Babsie en Zelda rek hul nekke as sy en Ryno daar intrek.
Elri beskuldig Freek daarvan dat hy instrumenteel was in haar pa se bankrotskap. Ook Dave gee sy pa
opdraande oor Elri-hulle se situasie. Melanie kraam onverwags by die kantoor ...
Bart en Isa gaan huistoe met hulle nuwe kind. Melanie stuur Ilse om vir Jan van die geboorte en
aanneming te vertel - sy hou vol dat hulle nie weet wie die aanneemouers is nie.
Jan gaan na Bart en Isa se plaas toe, maar hy kry 'n koue skouer. Voor hy vertrek hoor hy 'n baba in die
huis huil. Daniel wil he Mike en Bobby moet 'n restaurant beroof wat hom geld skuld.
Mike en Bobby betrek 'n niksvermoedende Ryno by hul plan om die restaurant te beroof. Ryno begin
dadelik as kelner by die restaurant werk. Wanneer Elri vir Jan raakloop nooi hy haar vir ete.
Alhoewel Isa aandring dat Melanie vir die baba kom kuier, weier Melanie volstrek. Elri stem in as Jan
haar vra om hom om met vaderskap toetse te help en Jan stel sy plan in werking.
Ryno besef Mike en Bobby is nie 'n goeie invloed nie en hy besluit om eerder terug te keer skoolbanke
toe. Babsie droom oor die dood en is oortuig dat Mike iets gaan oorkom.
Kokkie is rasend van bekommernis oor Jan wat elke aand so laat uitbly. Daniel stel Mike en Bobby voor
'n ultimatum, maar dis net die begin van hul moeilikheid - Ryno gaan polisie toe.
Bart en Isa se aandjie word kortgeknip wanneer hulle 'n dringende boodskap van die plaas af kry. Mike
vergryp homself aan drank ná sy uitval met Bobby.