Nog ’n mylpaal op vanjaar se reis is die ewenaar. Die span kruis die ewenaar in Gaboen en vorder dan tot by die Lope Nasionale Park met sy uitsonderlike reënwoude. Daarna is dit verder suid tot by Franceville, die tweede grootste stad in Gaboen. Dig by die hawestad is daar die indrukwekkende Poubaravalle en die Pont de Liane – ’n brug gebou uitsluitlik van ranke, oor die indrukwekkende Ogoouerivier.