Eers was daar die grenskruising van Gaboen na die Kongo, toe van die Kongo na die DRK, en toe van die DRK na Angola. Om alles te bemoeilik neem die span ’n “kortpad” en in die proses breek die bladvere van een van hulle voertuie. Paspoortbeheerbeamptes wat nie hulle samewerking gee nie en ’n probleem om Angolese visums te kry, bemoeilik sake verder. Dis ’n week wat nie een van die manne sommer weer oor wil hê nie.