Zinder is ’n stad met ’n labirint van gangetjies, ou woonkwartiere en fortifikasies. Die mees prominente gebou is die Palais du Sultan. Besoekers geniet dit om te verdwaal in die Bimi Quartier – ’n doolhof van modderhuisies. Dis vir die Voetsporespan ook ’n plek om Niger te verlaat.